Airsoft Hunger Game(s)

the-hunger-games

Soos ouder gewoonte begin ons 09h00 , maar die eerste Honger Game begin 10h00.

Dit gee ons n uur voor die game kans om Alliansies te maak (wel ons kan nou al begin om alliansies te maak).

Ons moet kyk hoeveel van ons gaan speel en van daar besluit hoe groot ons die “baan” gaan maak (natuurlik die hoof veld en dalk die bos/boomhuis ook deel van die veld maak).

Soos in die Honger Games begin ons een-een op die veld, moet probeer om n groot sirkel op die hoof veld te vorm. Elsabe kan die game begin met n toeter of dalk die bom se sirene. Dan kan jy hardlooop of loop of stil staan, MAAR dan kan ons NIE al begin SKIET NIE, nog n sirene gaan dan af gaan na 20 sekondes-dan kan ons op mekaar SKIET!!!

Al die gewone Airsoft reëls geld in die Honger Games, maar elk een van ons gaan net een lewe hê en dit is n Full auto game wees. Jy kan ook soveel guns saam met jou dra as wat jy wil (in die pistol Honger game net pistole) en ook soveel ammo soos jy wil. Onthou dit is full auto en net vitals tel, met ander woorde, net as jy getref is teen die kop of lyf is jy uit.

Scroll to Top